Nou wat het van Abraham se boesem geword?

Posted in Gedink with tags , , on Oktober 8, 2019 by Rethie

In die gelykenis van Lasarus en die ryk man (Lukas 16:19-31), vertel Jesus hoe Lasarus en die ryk man albei sterf.

Dan sê die 1983-vertaling dat Lasarus na “die ereplek langs Abraham (v22) gedra is en die ryk man sien vir Lasarus “langs [Abraham]” (v23).

Maar die Ou Vertaling het gesê Lasarus is “weggedra na die boesem van Abraham” en die ryk man sien vir Lasarus aan [Abraham se] boesem. BDV praat van “bors”.

κόλπος – bosom, lap, mother’s womb, motherly love, expression of inward relationship.
In die LXX word חיק dikwels κόλπος – “to express marital fellowship, of the fact that the wife belongs to her husband, and also that the husband belongs to the wife. To express loving concern for a child”

“Ereplek” is natuurlik nie verkeerd nie. Maar saam met Abraham se boesem gaan heelwat van die intimiteit van die verhaal verlore.

Dis tog mooi, dat die arm Lasarus so aan Abraham se boesem eindig.

Advertisements

Alle boeke moet eleltronies beskikbaar wees

Posted in Gelees on November 12, 2015 by Rethie

Ek wil so graag Toni en Slade Morrison se boek The Big Box lees.  Nou.  Maar daar is nie ‘n elektroniese weergawe beskikbaar nie.

Die beste wat ek kon kry, was dié:

Stories+for+Free+Children+-+009

Nou weet ek egter nog nie hoe dit eindig nie.

Sug.

Wat van Mikal?

Posted in Gelees with tags on Julie 11, 2015 by Rethie

Mikal: Vir mense wat ’n kans wil hê (1 Samuel 18)
(Uit: Landman, Christina. Wat nou van Isebel? Verhale van vroue in die Bybel. 1996. Human en Rousseau, Kaapstad.)

Mikal is Dawid se eerste vrou. Hy is nou nog nie met Abigajil getroud nie en hy vlug nog nie vir koning Saul nie.

Mikal is die jongste dogter van koning Saul. Sy is verlief op die jonge Dawid vir wie Saul oor sy soldate aangestel het. Toe Saul hoor dat sy jongste dogter ’n ogie op Dawid het, is hy baie in sy skik daarmee. Hy dink daaraan om dit te gebruik om Dawid uit te skakel. Ons weet almal dat Saul Dawid nie kan verdra nie omdat Dawid gewilder as hy geword het.

Lees voort

Litanie vir Kenya

Posted in Gepreek on April 23, 2015 by Rethie

INLEIDING

Liturg: Verlede week hierdie tyd het ons Paasfees gevier – Jesus se oorwinning oor die dood.

Maar terwyl ons nog besig was om gereed te maak om Goeie Vrydag te herdenk, het ons die nuus ontvang van die massamoord in Garissa, Kenya – met die nuus van ander moorde (veral van mense wat vermoor is omdat hulle gelowiges is) nog vars in ons geheue.

OORGANG

Soos wat Jesus Psalm 22 aan die kruis aangehaal het, haal ons dit aan terwyl ons intree vir ’n stukkende wêreld:

Gemeente:  My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? (Ps. 22:2)

Lied 279:
Hoor ons sug, o Heer; hoor ons sug, o Heer. Draai tog u oor na ons en gee ons u rus.  (sonder amen)

GEBED

Liturg of lidmaat:  Here, hoor ons wanneer ons bid vir die families en geliefdes van almal wat in Garissa vermoor is.  Ons bid vir die land wat getraumatiseer is.  Ons bid dat u genesende krag hulle sal dra.

Stilte

Liturg of lidmaat:  Here, hoor ons wanneer ons bid vir gelowiges die wêreld oor wat op grond van hul geloof vervolg word.  Ons bid vir hul veiligheid.  Ons bid dat hulle sal vasstaan in verdrukking.  Ons bid dat hul reaksie op die geweld wat hulle aangedoen word, ’n kragtige getuienis sal wees.

Stilte

Liturg of lidmaat:  Here, hoor ons wanneer ons bid vir die mense wat hierdie gruwelike geweld pleeg.  Ons bid dat u hulle vry sal maak, dat hulle u liefde sal leer ken.

Stilte

Lied 278:
Hoor ons bid, o Heer; hoor ons bid, o Heer. Verhoor tog ons gebed en gee ons vrede. Amen

AFSLUITING

Liturg of lidmaat:  Ps. 22:24-25
24Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob!
Betoon Hom eerbied,
nageslag van Israel!
25Die nood van die hulpelose
het Hy nie verontagsaam
en gering geskat nie,
Hom daarvan nie teruggetrek nie,
maar die hulpgeroep na Hom
het Hy gehoor.

Leierskap 2.0

Posted in Gelees on Maart 4, 2014 by Rethie

Susan Lang skryf oor die verskil tussen Web 1.0, wat statiese inhoud produseer en Web 2.0, wat gesprek en verhoudings fasiliteer. Sy bring dit dan in verband met leierskap in die kerk en sê van 2.0 leiers:

  • is all about developing and nurturing relationships,
  • lead with questions, not answers.
  • Invite collaboration.
  • Practice discernment

Sy som die verskil tussen Leierskap 1.0 en Leierskap 2.0 só op:

Leadership 1.0 grew out of Christendom and the movement through the Industrial Age. It has these characteristics:

  • Organizational—Think hierarchical organization flow-charts. A strong emphasis was placed on putting the correct structure in place.
  • Centralized—Mainline denominations were generally the central holders of resources and information, which they dispersed from a given location.
  • Authority-based—Established authorities and expertise provided the answers to questions.
  • Agenda-driven—Ministry grew out of a set agenda and often used a “command and control” model.

Leadership 2.0 is growing out of the post-Christendom and the Internet age. Note that the shape of relational, networked leadership is still emerging and will be very contextual. Leadership 2.0 is:

  • Relational—The focus is on developing and nurturing relationships and links.

  • Decentralized—Resources are distributed throughout a networked congregation and ministry. Each person is recognized as a connector to his or her own resources and networks.

  • Collaborative—Collaboration builds on conversations and recognizes that we are all teachers, we are all learners, and we are always stronger together than we are alone.

  • Focused on emergence—Recognizes that discernment is important for leaders, because God’s presence and action among us emerge and often change over time.

Blydenuus van Geloof

Posted in Gelees on Oktober 10, 2013 by Rethie

BLYDENUUS VAN GELOOF

Ek glo in God die Vader
die Almagtige Maker
van alles in die hemel
en alles op die aarde.

Ek glo in hierdie Vader
met die wondernaam:
“Ek is wat Ek is”,
werkwoordelik onvoltooid
voortdurend God.

Ek glo in hierdie Vader
van wie Moses slegs die rug
kon sien toe hy gevra het:
“Wys my U gesig.”

Ek glo in hierdie Vader
die God wat Liefde is
en ons na hierdie aard gevorm het
tot vlees uit stof,
en dit gevul het met Sy Gees
sodat ons uit gewone mensesaad
mense na Sy beeld kan maak:
om hiérin onsself te wees –
om lief te hê
sonder vrees.

Ek glo in hierdie Vader
wat die waters uit Sy hemel gee
as teken van Sy seën
sodat elke volk –
wit en bruin en swart –
in eie taal die Heer kan loof
en heersend oor die Skepping
voort kan gaan
om groente in akkers te plant
daarvan te eet en te dank.

 

Ek glo in hierdie Vader
wat Hom geopenbaar het in Sy Seun,
die Mens wat tussen ons kom woon het
as die Waarheid teen die Leuen:
“Sien dan dié Mens! – die geheim van My gesig.”

Ek glo in hierdie Seun
die Timmerman van Nasaret
wat gekom het
en kom om ons te ken
elkeen na sy naam ­
in die fynheid en die grofheid van sy grein
en in die jaarringe van sy pyn.

Ek glo in Jesus Christus
die Mens na God se hart
wat God se wil gekies het
om deur die haat en klein begrip
van mense ‘n doringkroon te dra,
en van God geskei te word
in die Godverlatenheid van Golgota ­
die doderyk deurgrond het
en opgestaan het
dat ons onvervreem van God
verby die dood ewig vry kan lewe.

Ek glo in hierdie Jesus
wat opgevaar het na die Vader
en vandaar die sagte oordeel bring
omdat Hy nader aan my is
as wat ek aan myself is;
my kern ken,
verby die vel
tot in die chemie van die sel;
wat weet hoe diep my blindheid is
en my vashou ­–
styf teen die braille van Sy lyf.

 

Ek glo in die Heilige Gees
die Wind van God
wat oor die leegheid van my lewe waai
en die koers bepaal ­
weg van myself weg van Tarsis
na die nood in Ninevé.

Ek glo aan die kerk wat uit Christus groei
tot nuwe skeppingswerk;
om alle mense
met geloof en hoop en liefde te verbind
aan die Koninkryk van God se Kind.

Ek glo aan die gemeenskap van stukkende sondaars
wat kniel voor die Heiligheid van God.

Ek glo aan die vergiffenis ­
dat Genade altyd groter is
as my sonde en geskiedenis.

Ek glo aan die heropstanding van die liggaam
want ek glo in Christus.

Ek glo aan die ewige lewe
wat hier begin
en ná die dood
die blydenuus bly sing.
(Outeur: Wilhelm Jordaan, uit “Gebedeboek met liturgiese Voorstelle”)

Raad vir Addo

Posted in Uncategorized on September 28, 2010 by Rethie

As jy Addo toe gaan en meestal geen sukses het nie, is hier ‘n idee waarvoor jy waar kan kyk. Maar eintlik beteken dit niks, omdat die diere maar oral beweeg. Hulle het onlangs Hapoor dam “toegemaak” en die heining tussen die boonste en onderste deel van die park laat val, wat ook nou die diere se migrasiepatronie ingrypend gaan beïnvloed. So, vir wat dit werd is (niks), klik op die prent om te vergroot.Die diere beweeg baie vroeg in die oggend of laat middag / vroeg aand.  Die res van die dag gaan jy nie eintlik veel sien nie.  Koue / winderige dae is ook nie goeie wild-kyk dae nie – wel goeie dae om miskruiers te sien.  Op baie warm dae kan jy klomp olifante by die watergate sien.  Heerlike foto-geleenthede as hulle in die water speel!  Hapoor was voorheen die plek om te wees.  Nou sal mens maar moet sien wat gebeur.

  • Rooi is waar ek dikwels buffels sien.
  • Geel vir leeus.
  • Groen is rooihartebeeste.
  • Swart is stokstert meerkatte.  Hulle deel dikwels hul neste met witkwasmuishonde, so kyk op dieselfde plekke uit hiervoor.
  • Pink is hyena.
  • Wit is elande – ek sien hulle meestal in die onderste deel.  Of as mens by die hek uitgaan op die pad na Nanaga, dan is daar dikwels groot troppe op regterhand.
  • Die bruin kruisie is zebras.
  • Die bruin sirkel is vir die rumour van ‘n luiperd.  Dié is in 2008 laas gesien, maar daar is wel tekens dat hy nog daar rond is.
  • Blou is olifante – maar dié’s eintlik oral.
  • By Domkrag is daar baie parmantige/scary bokmakieries.
  • Die Jakkalsies is by Gorah loop.
  • Kudu’s is oral.
  • Vlakvarkies is oral.
  • Apies is skaars.
  • Renoster nog net 2x gesien, rooikat nog net 1x.  Hasie nog net 1x.
  • Aardwolf, Aardvark, Bakoorjakkels, klein bokkies, ystervark, ratel nog nooit in Addo gesien.
  • Skilpaaie is op warm dae op pad na watergate.  MOENIE OOR SKILPAAIE IN DIE PAD RY NIE.

Maar ek herhaal dat bg niks beteken nie. Al die diere beweeg oral – jy kan op enige plek enigiets sien.  Tyd van die dag en geluk is bepalend.