Erediensvoorstel vir 16 Dae van Aktivisme

The Unjust Judge and the Importunate Widow
(The Parables of Our Lord and Saviour Jesus Christ)
deur John Everett Millais, CC0, via Wikimedia Commons

Lukas 18:1-8

‘n Volledige erediens, met eksegesie, liturgie en preekvoorstel, vir 6 Desember 2020, met die oog op die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders

Continue reading “Erediensvoorstel vir 16 Dae van Aktivisme”

Tussen wat was en wat gaan wees

Oordenking

Ek wil jou vra om bietjie te dink aan jou lewe op die oomblik. Wat lê agter jou – dalk as jy oor die jaar terugkyk? Is daar dinge wat jy agterlaat, wat jy vanjaar verloor het, bekende maniere van lewe wat nou nie meer bestaan nie?

As jy kyk na die toekoms, wat is die onsekerheid, onrustigheid, vrae, opgewondenheid, beloftes – waarna kyk jy as jy na die toekoms kyk?

Josua 3:7-17

Kluisenaarkrap

Julle weet mos hoe kluisenaarskrappe werk. Die krappie het nie sy eie dop nie, so hy vind ‘n leë skulp en woon daarin. Totdat hy daardie skulp ontgroei. Dan beweeg hy uit die leë skulpie uit en soek ‘n nuwe, groter leë skulp.

Maar daardie tussen-in fase, tussen skulpies… dis ‘n baie gevaarlike fase vir die krappie. Want nou het hy nie ‘n harde skulpie wat hom beskerm nie. Hy is broos, kaal, uitgelewer, skulp-loos.

Continue reading “Tussen wat was en wat gaan wees”